Universiteit van Pretoria wys gebrek aan insig met kansellasie van Serrie-opvoering!

Universiteit van Pretoria wys gebrek aan insig met kansellasie van Serrie-opvoering!
Share This:

Dit is onvanpas en onregverdig van die Universiteit van Pretoria (UP) om al die universiteit se studente te straf deur die tradisieryke Serrie-opvoering te kanselleer weens die swak gedrag van enkelinge, sê Jean Kriek, die Vryheidsfront Plus se jeugleier vir Gauteng.

 

Die Universiteit het Donderdag aangekondig dat die Serrie-opvoering gekanseleer is omdat daar na bewering smaaklose plakate en swak gedrag van toeskouers tydens die Serrie-voorronde op Maandag 15 Mei en Dinsdag 16 Mei voorgekom het.

 

Kriek sê die universiteit wys deur hierdie optrede ‘n totale gebrek aan insig en ‘n onvermoë om probleme op ‘n billike manier te behandel.

 

 “Hierdie besluit van die universiteit is baie onregverdig teenoor studente wat maande lank onvermoeid gewerk het om deel te neem aan die kompetisie. In baie gevalle het ‘n groot hoeveelheid tyd en geld in die voorbereiding ingegaan.

 

“Die skudige studente moet individueel deur die universiteit gedissiplineer word, aangesien dit ‘n individuele handeling was wat nie op enige manier strook met die besluit om almal te straf nie, en dit is werklik jammer en betreurenswaardig dat die UP so optree,” sê Kriek.

 

Deel Die Artikel:
Facebooktwittergoogle_pluslinkedin

Comments

comments

Related posts