“Plaasmoorde wys opnuut kommando’s moet terug!” – Werner Weber

“Plaasmoorde wys opnuut kommando’s moet terug!” – Werner Weber
Share This:

Balfour | Die leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga mnr. Werner Weber, sê dat die groeiende vlaag plaasmoorde ondubbelsinnig wys dat die kommandostelsel teruggebring moet word sodat boere hulself kan beskerm.

 

Leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga, mnr. Werner Weber

“Toe die kommandostelsel afgeskaf is, het die regering onderneem om iets in die plek van daarvan daar te stel. Die Landelike Beveiligingsplan (LBP) is wel in die plek daarvan gebring, maar die plan is tot op datum nog nie ten volle in werking gestel nie,

 

“Dit laat die vraag ontstaan of die regering regtens gedwing kan word om uitvoering aan sy onderneming te gee en die LBP so gou doenlik volledig in werking te stel. Die VF Plus sal hieraan aandag gee!”

 

Mnr. Weber het in reaksie op die vierdubbele moord op die Smuts-familie in Balfour, Mpumalanga gesê dit wil voorkom of die regering die landelike gemeenskap nie kan of wil beveilig nie.

 

Deel Die Artikel:
Facebooktwittergoogle_pluslinkedin

Comments

comments

Related posts