‘Oranje wit en blou deel van SA erfenis!’ – Jaco Mulder

‘Oranje wit en blou deel van SA erfenis!’ – Jaco Mulder
Share This:

Geskryf deur: Jaco Mulder | Vryheidsfront Plus leier vir Gauteng

 

Die bloed van my Europese voorouers vloei deur my are, Nederlanders op VOC skepe, Franse Hugenote, vlugtelinge van vervolging na die kerkhervorming 500 jaar gelede en die gevolglike moorde op protestantse vlugtelinge wat daarop gevolg het.

 

Net soos die Maleise slawe uit Indië en Indonisië, die swart mense uit die noorde van Afrika het die son van die Suidpunt van Afrika , sy varslug ons almal gevorm, die ongenaakbare natuur en relatiewe droë klimaat ons gebrei. Talle kultuurgroepe met wie ons vandag leefruimte deel het oor tyd hierheen migreer waar San mense plek plek gewoon het.

 

My taal Afrikaans het hier ontstaan en dra die naam van Afrika, my kultuurgroep is eie aan Afrika, ek is ‘n Boere Afrikaner.

 

Die Prinsevlag soos deur Prins Willem van Oranje in 1577 gehys,  simboliseer my herkoms.  Dit is dan ook die vlag wat ondermeer later op die VOC skepe gewapper het en waaruit ondermeer die Griekwavlag en die Afrikaner Vryheidsvlag ontstaan het tydens die Anglo boere oorlog. Die Vryheidsvlag is toevallig ook die amptelike vlag van die VF Plus.

 

Die oranje kleur simboliseer vryheid en groen is bygevoeg om ons verbintenis aan Afrika te bevestig. Organisasies onder andere Solidariteit, Afriforum en die Orania Beweging deel eweneens die kleure en simboliek.

 

Terwyl die  ou Suid Afrikaanse vlag sedert 1994 baie effektief gedemoniseer is tot ‘n simbool van onderdrukking deur die ANC beheerde staat en ondersteunende media is dit in werklikheid onlosmaaklik deel van Suid Afrikaanse erfenis net soos die Kasteel in Kaapstad en die Uniegebou in Pretoria.

 

‘n Mens sou kon wonder of die nuwe Suid Afrikaanse vlag onder ANC bewind nie ook deur ‘n groter wordende groep mense van alle kultuur groepe as ‘n simbool van onderdrukking beskou word waar ons slagoffers van staatskaping, swak regering en selfs ‘n nuwe vorm van menseregte skendings is.

 

Ek is nie ‘n vlagswaaier nie maar trots en onheroeplik verbind tot my herkoms wat die oranje wit en blou vlag insluit.

 

Ons uitdagings in Suid Afrika is tans veel groter as om simbole te demoniseer deur ‘n ANC beheerde regering wat lank reeds die morele hoëgrond verloor het en waar die armoede aan politieke kapitaal so groot  geword het dat niks meer as blaamverskuiwing oorgebly het.

 

‘n Verbod op die ou landsvlag sou neerkom op ‘n ongrondwetlike miskenning van my kultuur.

 

Suid Afrika benodig ‘n nuwe bedeling waar NP van Wyk Louw se leuse “vryheid met geregtigheid”  vir elkeen ‘n volhoubare realiteit kan word.

 

Deel Die Artikel:
Facebooktwittergoogle_pluslinkedin

Comments

comments

Related posts