Jonges uitgestuur sodat raad hulle velkleur kon debatteer!

Jonges uitgestuur sodat raad hulle velkleur kon debatteer!
Share This:

Die graad 10 Voortrekkerspanne van Pretoria het gister Tshwane-metroraad se maandelikse raadsvergadering besoek om meer te wete te kom van die funksionering van plaaslike bestuur en om die prosedures en waarde van ‘n raadsitting self te ervaar.

 

Kort na die voorsitter hulle vriendelik verwelkom het en skaars die eerste kind aan die Raad voorgestel is, het die ANC en EFF die raadsvergadering ontwrig met beskuldigings van rassisme.

 

Die 14 kinders is uitgestuur sodat die raad nie die sake op die agenda nie, maar hulle velkleur kon debatteer.

 

Later is hulle versoek om huis toe te gaan.

 

Die Vryheidsfront Plus koalisie regering in Pretoria het die ANC en EFF se uitsprake van blatante rassisme en rassehaat in die Tshwane-metroraad na aanleiding van die besoek ten sterkste veroordeel, volgens mnr. Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid vir die Tshwane-metroraad.

 

“Die Speaker het verskillende groepe en individue verwelkom en toe sy aankondig dat ‘n groep Voortrekkers die sitting bywoon, het pandemonium losgebars. Sy het vooraf kortliks die aktiwiteite en doelwitte van die Voortrekkers as kultuurorganisasie bekend gemaak en toe begin om die kinders individueel welkom te heet,

 

“Sy het duidelik genoem dat die Voortrekkerbeweging hom aktief beywer vir gesonde verhoudinge tussen alle kultuurgroepe in die land,

 

“’n Stroom besware is geopper deur sprekers van die EFF en die ANC. Opmerkings is geskreeu soos ‘rassiste’, ‘gaan terug skooltoe’, ‘julle is rassiste en julle ouers leer julle rassisme’,

 

“Die burgemeester het die situasie probeer kalmeer om die kinders te beskerm teen die luide rassistiese opmerkings en blatante rassistiese haatspraak van EFF- en ANC-sprekers. Die groep kinders het uiteindelik die raadsaal verlaat.

 

“Die EFF en ANC het luidkeels gekla oor ‘n spreker wat daarop gewys het dat daar by ‘n volgende raadsitting ‘n swart kultuurgroep kan besoek aflê. Ook dit was nie aanvaarbaar nie.

 

“Die VF Plus wil dit duidelik stel dat Afrikaners ‘n reg het om hulself te organiseer in kultuurorganisasies soos die Voortrekkers. Dit word boonop gewaarborg in die land se Grondwet en die Handves vir Menseregte.” sê Du Plooy.

 

Deel Die Artikel:
Facebooktwittergoogle_pluslinkedin

Comments

comments

Related posts

Leave a Comment